Paarl se eerste parkrun – 9 April 2016

9 April 2016 was die opening van Paarl se eerste parkrun by die pragtige Arboretum.  Burgemeester Gesie van Deventer het die oggend afgeskop deur almal te verwelkom en het ook deelgeneem in hierdie spesiale geleentheid.

Na die tyd het die bekende Bruce Fordyce oor geneem en die parkrunners vermaak deur sy sin vir humor.  ‘n Totaal van 704 parkrunners was by die opening, wat Paarl parkrun een van die top parkruns maak om so groot hoeveelheid mense te bereik!

Paarl parkrun was bevoorreg om die Fordham familie van Richmond parkrun in die VK by ons opening te hê.  Die eerste Paarl parkrun rekord wat nou verbeter moet word is tans 16:20!  Paarl parkrun wil dankie sê vir elke parkrunner wat die opening bygewoon het om hierdie geleentheid ‘n groot sukses te kon maak!  ‘n Groot dankie vir elke vrywilliger – julle tyd en moeite vir elke parkrun word waardeer!  Paarl parkrun hoop om almal weer te sien by ons tweede parkrun op 16 April 2016, om 08:00 by Paarl Arboretum.  Reën of sonskyn, ons parkrun!